Wednesday 2 September 2015

KARLIEN VAN JAARSVELD VAT NET 7 DAE OM GOUD TE BEREIK

KARLIEN VAN JAARSVELD VAT NET 7 DAE OM GOUD TE BEREIK

Karlien van Jaarsveld se nuwe CD, “My Hartjie,” is nog net ‘n week op die rakke en verkope het reeds die 20 000 kerf bereik. Duidelik volg haar nuwe vrystelling in die voetspore van “Jakkals trou met wolf se vrou” en “Uitklophou” wat beide op die ou end platinum verkope aangeteken het. Maar die spoed waarteen “My Hartjie” opgeraap word, het selfs Karlien en haar produksiespan aangenaam verras.
Die album is natuurlik weer propvol treffers, insluitende die titelsnit wat Karlien vir die eerste keer by die Afrikaans Is Groot konserte einde 2014 gesing het en wat tans besig is om die trefferslyste van radiostasies regoor die land uit te klim. Die liedjie is ook eksklusief aan radiostasies bekend gestel op Valentynsdag hierdie jaar om vir die eerste keer te speel en luisteraars se reaksie was oorweldigend positief.
Die musiekvideo vir “My Hartjie” is ook sopas bekendgestel en spog met tonele uit die Afrikaanse rolprent “Hollywood in my huis” wat in Junie in teaters gaan begin draai. Die liedjie sal ook in die film en op die klankbaan verskyn. Die hoofskrywers op die nuwe album is weer Johan Vorster en Karlien self, dieselfde span agter van haar vorige groot treffers soos “Jakkals trou met wolf se vrou” en “Hande.” Die nuwe album is ook ‘n toonvenster van hoeveel Karlien as kunstenaar gegroei het en wys ‘n kant van haar wat aanhangers tot nou toe nog nie gesien of gehoor het nie, sonder om afstand te doen van die kunstenaar wat ‘n liefling onder musiekliefhebbers en die media geraak het. Daar is ook ‘n reuse media en publisiteitsveldtog agter die vrystelling en behoort die album verder aan te help om sommer vroeg in 2015 al die standaard vir rekord albumverkope vir die res van die jaar daar te stel.
En met Afrikaans Is Groot 2015 se kaartjieverkope wat hierdie week begin het, kan kaartjiekopers uitsien na ‘n selfs groter konsertreeks waarvan Karlien weer eens ‘n integrale deel sal wees.
Vir meer inligting en gereelde nuus oor die vordering van die nuwe album, volg Karlien op twitter: @KarlienVanJ oop Facenbook!

No comments:

Post a Comment