Wednesday 2 September 2015

Die jaarlikse Ghoema-toekennings!

Kunstenaars is op 24 Maart 2015 vereer vir hulle harde werk oor die afgelope jaar tydens een van die grootste geleenthede van sy soort in Afrikaanse musiek: Die jaarlikse Ghoema-toekennings!
Tydens die geleentheid was daar kategoriee waarin kunstenaars vereer was onder andere Beste Vroulike Kunstenaar, Beste Manlike Kunstenaar, Album Van Die Jaar, Beste Musiekvideo, Beste Vervaardiger en Beste Liedjieskrywer om maar net ‘n paar te noem.

Kunstenaars is op 24Maart 2015 vereer vir hulle harde werk oor die afgelope jaar tydens een van die grootste geleenthede van sy soort in Afrikaanse musiek: Die jaarlikse Ghoema-toekennings!
Tydens die geleentheid was daar kategoriee waarin kunstenaars vereer was onder andere Beste Vroulike Kunstenaar, Beste Manlike Kunstenaar, Album Van Die Jaar, Beste Musiekvideo, Beste Vervaardiger en Beste Liedjieskrywer om maar net ‘n paar te noem.
Die geleentheid is vanjaar aangebied by die Staats Teater in Pretoria met van die land se beste kunstenaars wat die gehoor vermaak het wie onder andere Dewald Wasserfall, Riana Nel , ADAM, Bobby Van Jaarsveld, Elvis Blue, Nicholis Louw, Nadine en ‘n spesiale optrede deur die legendariese Dana Winner ingesluit het.
Riana Nel het met 4 Ghoemas weggestap terwyl Bobby van Jaarsveld met 3 weggestap het, Steve Hofmeyr, Adam en Laurika Rauch elkeen met 2 Ghoemas huistoe gegaan het!
Mynie Grove het ʼn baanbreker-toekenning ontvang vir haar bydrae tot die Afrikaanse Musiek bedryf.
Laurika Rauch is vereer vir haar lewenslange bydrae tot die Afrikaanse Musiek bedryf.


Hiermee die wenners


ALBUM VAN DIE JAAR
Bobby van Jaarsveld – Maak ‘n wens
MANLIKE KUNSTENAAR VAN DIE JAAR
Bobby van Jaarsveld
VROULIKE KUNSTENAAR VAN DIE JAAR
Riana Nel
GROEP VAN DIE JAAR
Adam
LIEDJIE VAN DIE JAAR
Adam – Sal oorlog vir jou maak –  Joe Foster / Johan C Venter / Hugo Ludik
NUWELING VAN DIE JAAR
Vegas
POP ALBUM DEUR `N MANLIKE KUNSTENAAR
Bobby van Jaarsveld – Maak ‘n wens
POP ALBUM DEUR `N VROULIKE KUNSTENAAR
Riana Nel – Die regte tyd
KONTEMPORÊRE ALBUM DEUR `N MANLIKE KUNSTENAAR
Steve Hofmeyr – Toeka 3
KONTEMPORÊRE ALBUM DEUR `N VROULIKE KUNSTENAAR
Laurika Rauch – Wals, Wals, Willemien
BESTE ALBUM DEUR `N DUO OF GROEP (POP/KONTEMPORÊR)
Eden – Nooit oud raak nie
BESTE GEESTELIKE ALBUM
Hennie Maritz en Kriss Tel – Duis:Lig 2
BESTE KINDER-ALBUM OF DVD
Hanna Grobler en Hendri Myburgh – Buster die brak – Almal het ‘n gawe
MK TOEKENNING VIR BESTE ALTERNATIEWE ALBUM
Die Heuwels Fantasties – Ja. Nee. Lekker
BESTE BOEREMUSIEK-ALBUM
Die Penkoppe – Lekker man lekker
BESTE HUMOR ALBUM
Wicus van der Merwe – Popster
BESTE INSTRUMENTALE ALBUM
CH2- Soos in die ou dae
BESTE MUSIEKVIDEO
Steve Hofmeyr – Sit die ligte aan
BESTE LIEDJIESKRYWER
Riana Nel
BESTE VERVAARDIGER
Juan “Floors” Oosthuizen
Bae Geluk aan al die wenners!
Ons wil egter almal bedank wat agter die skerms hard gewoeker het om die aand so seepglad as moontlik te laat verloop en die Ghoema-wenspan, soos hul bekend staan wat seker maak dat alles in orde is. En dan ook aan kykNET wat vanjaar vir die vierde jaar as hoofborg van die Ghoema-toekenningsaand hul plek inneem. Asook ander borge soos Groot FM 90.5, Arthur Kaplan Jewellers, Lumico, Brazen Music, Tentworx, Image By Suna, Hayward’s Game Lodge, FJ Jordaan Incorporated en PKF.

No comments:

Post a Comment